Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Wêreldkankerdag fokus op kinders

Wêreldkankerdag fokus op kinders
 
2006-02-02


VROEë opsporing en behandeling is belangrike stappe om kinderkanker te beveg, volgens die Kankervereniging van Suid-Afrika (KANSA), wat Wêreldkankerdag Saterdag herdenk.

“Vanjaar tydens Wêreldkankerdag is kinderkanker onder die soeklig, vier ons die lewens van kinders en versprei ons bewustheid van die tekens en simptome van kanker,” aldus Elize Joubert, waarnemende hoof uitvoerende beampte van KANSA.

Meer as 700 Suid-Afrikaanse kinders word elke jaar met kanker gediagnoseer. Die mees algemene kankers onder kinders is bloedkanker, limfoom, nier-, brein- en beenkanker.

Alhoewel daar verskillende tipes kinderkanker is, het bykans 85% soortgelyke waarskuwingstekens.

Kansa moedig ouers, onderwysers en gesondheidswerkers aan om vertroud te raak met sommige tekens en simptome van kinderkanker:

* Ongewone abdominale knop of swelsel
* Langdurige, onverklaarbare koors
* Bleekheid, verlies aan energie en vinnige gewigsverlies
* Onverklaarbare, langdurige pyn en hoofpyn wat dikwels gepaard gaan met vomering
* ’n Kind wat maklik kneus, met onverklaarbare bloeding
* Skielike verandering in balans, beweging en gedrag
* Geswelde kop
* Verandering in die oë soos ’n wit gloed of skielike skeel oog.

Kinders wat enige van dié simptome vir ’n paar dae of weke toon moet sonder versuim deur ’n dokter ondersoek word.

Terwyl hierdie simptome deur ander faktore veroorsaak kan word, kan hulle vroeë waarskuwingstekens van kanker wees en verg ’n professionele mening.

Volgens die internasionale kankerbeheerliggaam (UICC), is die oorsake van kinderkanker nie heeltemal duidelik nie en is daar geen voorkomingstappe nie.

Moontlike risikofaktore sluit in infeksie, omgewingsfaktore soos bestraling en sommige chemikalieë, genetiese vatbaarheid en ’n familiegeskiedenis van kanker.

Kansa bied ondersteuningsdienste landwyd aan mense met kanker en hul gesinne, insluitende kinders. Die organisasie bied ook voorkomingsprogramme om gesonder leefstylkeuses onder skoolkinders te bevorder.

Ouers kan die risiko verminder dat hulle kinderkanker kry as volwassenes deur daagliks vyf vrugte en groente by die dieet in te sluit en gemorskos te vermy.

Daar moet seker gemaak word dat kinders veilig in die son is deur hoede en klere te dra wat genoegsame bedekking bied. Ook moet ’n sonskermmiddel met ’n SPF van 15 of hoër buitemuurs gebruik word.

Beskerm kinders teen passiewe rook deur seker te maak dat niemand in jou huis of rondom jou kinders rook nie. Moedig fisiese aktiwiteite aan deur skoolsport saam met jou kinders te ondersteun.

Skakel Kansa se tolvry inligtingsdiens 0800 226622 (weekdae 08:00-16:30) vir meer inligting oor kanker asook kontakbesonderhede vir Kansa-streekkantore en -dienste. Die inligting is ook beskikbaar by www.cansa.org.za



More News
  • Natural burials arrive in South Africa
  • Lofprysing Oppiberg
  • Bonsai Kai vergader
  • Benefit concert
  • Have a lazy day braai
  • Staan op in moeilike tye
  • Boeresport by fondsinsamelingsdag
  • Local schools shine in debate
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za