Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Hoe beleef ADHD-lyer die lewe?

Hoe beleef ADHD-lyer die lewe?
 
2006-02-02


DIE Paarlse ADHD-ondersteuningsgroep vir ouers, leerkragte en belangstellendes vergader Woensdag 15 Februarie om 18:45 vir 19:00 in Laerskool Gimnasium se saal.

Dr Anthony Costandiu, voorligtingsielkundige, praat met gesag en ondervinding oor die onderwerp “Die persoonlike belewenis van ’n ADHD/ATHV-lyer (aandagtekort/hiperaktiwiteits-versteuring) as kind, adolessent en volwassene in die aanpassing by sy/haar omgewing (akademies, sosiaal, werk, ens).

Toegang is R30 per persoon of R50 per ouerpaar.

Kaartjies is tot 8 Februarie beskikbaar by Pierre Combrink Verhurings in Nuwestraat. Of kontak een van dié laerskole: Courtrai (Elizbie Kotze), Noord-Eind (Hanlie Potgieter), Slot van die Paarl (Ina Conradie), WA Joubert (Sterna Marais), Meisieskool (Thea Grundlingh), Drakenstein (Susan Marais), La Rochelle (Ursula Callanan), Primêre Seunskool, (Zelda van Dyk), Privaatskool Simon (Celia du Toit), Gimnasium (Herman Steyn), Privaatskool Tertia Theron of Oaks Preparatory (Tessa Strack).

Maati’s Market sal ’n uitstalling van boeke, hulpbronne en ander ADHD-navorsing reeds van 18:30 gereed hê vir besigting en verkope.
Kyk ook op haar webblad, www.maatismarket. com vir inligting oor ds Stordy wat op 11 Februarie in die Baxter praat.

Nog ADHD-byeenkomste word vir Paarl beplan op 17 Mei, 23 Augustus en 18 Oktober. Voorstelle vir onderwerpe en sprekers is welkom.

Navrae by Retha, 872-5620.



More News
  • Natural burials arrive in South Africa
  • Lofprysing Oppiberg
  • Bonsai Kai vergader
  • Benefit concert
  • Have a lazy day braai
  • Staan op in moeilike tye
  • Boeresport by fondsinsamelingsdag
  • Local schools shine in debate
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za