Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Landbou kry swaar, sê WPK

Landbou kry swaar, sê WPK
 
2005-03-31


LANDBOUPRODUSENTE beleef ‘n baie moeilike tyd met die droogte, terwyl die sterk rand en ongelukke mededinging vanuit die buiteland produkpryse afdwing.

So sê Corwyn Botha, besturende direkteur van WPK.

Volgens Botha plaas die ekonomiese omstandighede marges onder groot druk, en dit is danksy sy inkomste uit beleggings en netto rente dat WPK ‘n groei in wesensverdienste kon aanteken.

WPK het nogtans sy wesensverdiente met R30,9 miljoen (6%) verhoog die afgelope ses maande tot einde Januarie. Inkomste uit produkte en dienste was 10,8% hoër as die ooreenstemmende vorige tydperk.

Die netto bates het met 28% toegeneem sedert die vorige boekjaareinde en bedra nou R3,83 per aandeel.

Hierdie toename is weens die verdienste wat behaal is, sowel as die hermeting van sekere beleggings in ooreenstemming met algemene aanvaarde rekeningkundige praktyk.

Die netto kontantvloei oor die periode was negatief, maar volgens Botha is dit normaal vir die eerste ses maande van die finansiële jaar weens die seisoenale aard van WPK en sy kliënte se aktiwiteite.

Die samesmelting van WPK en Boland Agri in Kaap Agri is op 11 Februarie deur die Mededingingskommissie goedgekeur.

Volgens Botha vorder die samevoeging van strukture goed en is almal betrokke baie entoesiasties om van die samesmelting ‘n groot sukses te maak.

Kaap Agri sal ‘n omset van R2 miljard hê en bruto bates van R1,6 miljard. Met ‘n belang van 21,8% is Kaap Agri ook die grootste aandeelhouer in die Pioneer Voedsel groep.

Botha verwag dat die tweede helfte van die finansiële jaar nóg strammer gaan wees, maar sê ook dat hy ‘n onwrikbare geloof in die landbou en sy deelnemers het en dat dit net nóg ‘n uitdaging is.



More News
  • Manager did much good work
  • Zandwyk Park goes ahead
  • Rare wines hold their own at auction
  • Multiple awards for Grande Provence
  • Grondkundige kragte saamgespan
  • Fairtrade vloei suiwer by Bosmans
  • Sweet success for Nederburg
  • “TERROIRIST” at Nederburg Auction
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za