Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Voetgangers wek kommer

Voetgangers wek kommer
 
2006-02-02


DIE afgelope naweek het weereens gesorg vir talle padongelukke, waarin juis voetgangers betrokke was.

Een voetganger is dood en twee is beseer toe hulle voor motors ingeloop het.

Vytjie April van Landau plaas is Sondagaand op die Hermonpad dood toe sy deur ’n motor getref is.

’n Doofstom vrou, Melani Blaauw (33), is ernstig beseer toe sy in Paulusstraat, Paarl-Oos, raakgery is.

Isaac Idis is in Bougaardstraat raakgery en het ligte beseerings opgedoen.

’n Woordvoerder van die Verkeersdepartement het gesê dat dit kommerwekkend is dat daar so baie voetgangers betrokke is by padongelukke.

Meer as 500 voetgangers is die afgelope feestyd landwyd op Suid-Afrika se paaie doodgery.

Hoewel op ’n gereelde basis padveiligheidslesings by skole aangebied word, is dit meestal volwassenes wat raakgery word.

Daar word gevolglik beoog om binnekort bewusmakingsprojekte aan te bied wat toegespits sal wees op volwasse voetgangers.

Voetgangers word gemaan om te loop met die gesig na aankomende verkeer en helder kleure in die aande te dra. Voetgangers onder die invloed van drank moet wegbly van paaie.

Fiets

’n Vyftienjarige seun is beseer toe hy op sy fiets ’n kop-aan-kop botsing met ’n ander fiets gehad het.

Die ongeluk het Sondagmiddag in Drommedarisstraat plaasgevind en Abongile Khelemba is met gesigbeserings na die Paarl Hospitaal geneem. Die ander fietsryer is nie beseer nie.

* Traffic authorities are concerned about the high rate of pedestrian injuries.



More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za