Kop-aan-kop
2006-02-02
地 MAN is Sondagaand in 地 gru-ongeluk dood in 地 kop-aan-kop botsing in Suider-Paarl.
Die ongeluk he omstreeks 21:00 in Hoofstraat by De Zoete Inval gebeur.
地 Maroen Nissan het in die rigting van Klapmuts gery, toe 地 blou Ford Bantambakkie wat op een of ander manier in die verkeerde baan beland het, teen die verkeer aangery kom.
Die bestuurder van die Nissan het probeer uitswaai vir die aankomende voertuig, maar toe die bakkie ook uitswaai het die twee voertuie kop-aan-kop in mekaar vasgery.
Die bestuurder van die bakkie, Esau Manuel Lorenzo, is op slag dood.
Lorenzo se tweejarige dogterjie, Susan Jensel, en sy vriendin Tjiza Miguel, is albei na Paarl Hospitaal geneem met ligte beserings.
Die bestuurder van die Nissan, Alister Steenkamp, is met ernstige gesig- en beenbeserings gehospitaliseer.
* A man died in a head-on collision in Main Street, Paarl South.
More
News
|