Snik-heet in Vallei
2006-02-02
DIE somer het met mening toegeslaan, met temperature wat die afgelope dae diep oor die dertig grade Celcius geboer het.
Die weerkantoor voorspel dat die temperatuur vandag by 39 grade gaan draai en Saterdag koeler (28 grade) sal wees. Sondag sal die kwik weer mik na 33 grade.
Die warm weer veroorsaak ’n verhoogde waterverbruik. Die watervlak in die Wemmershoekdam wat die vallei van water voorsien, staan op 67%.
Volgens die Drakenstein elektrisiteitsdepartment het die kragverbruik vir verkoeling vandeesweek weens die hitte gedraai by 140 MWa.
Winkeliers kan nie voorbly met die voorsiening van waaiers nie en het ongekende besigheid gedoen Vrydag toe die kwik oor 38 gesweet het.
Installeerders van verkoeling jaag tussen afsprake om lugreëling te installering en probleme met oorverhitting op te los.
Inwoners word gemaan om uiters versigtig te wees met vure. Die weghol brande van die afgelope weke het reeds reuse-skade aangerig en honderde duisende rande gekos het om te blus.
* The heatwave has hit local residents and animals hard.
More
News
|