Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Jong Wellingtonner vereer

Jong Wellingtonner vereer
 
2006-02-02


‘n WELLINGTONSE Matie, Bianca Joseph, is ‘n wenner van een van die Universiteit van Stellenbosch se uitstygtoekennings.

Die R50 000 rektorstoekenning gee erkenning aan studente met uitmuntende prestasies relatief tot die konteks waaruit hulle kom.

Bianca Joseph is ‘n vasbyter. Sy ken die opoffering en ontbering van ‘n minder gegoede huishouding, maar dit kon haar nie keer om ‘n akademiese sukses te maak nie.

Eers nege jaar na  matriek kon sy as eerstejaar registreer. In haar derde jaar het sy ‘n tyd lank nie genoeg geld gehad om daagliks kos te koop nie.

Om haar inkomste an te vul, het Bianca telling vir krieketspanne gehou, ook by die Wêreldbeker-kriekettoernooi in 2003 in Suid-Afrika.
Vandag is sy ‘n meestersgraadstudent in die sielkunde en haar toekomsplan is om as gemeenskapsielkundige te kwalifiseer en dan gemeenskapsprojekte te vestig.

Sy loods binnekort die Watergarden-projek in Klapmuts om na-skoolse opleiding vir laerskoolkinders te bied.

* A Stellenbosch student from Wellington has won a coveted award for rising above her situation.



More News
  • Gasheer vir stoei
  • Show-jumping inter-schools at Evergreen
  • Met 'n groot glimlag vorentoe
  • Wiese uit sy nate oor oorsese toer
  • Boishaai gesels saam met grotes
  • Paarl Juniors hit five
  • Sixteen teams in soccer tournament
  • Alexa skrik nie vir 300 doele nie
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za