Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Yorkshire fietsliga begin

Yorkshire fietsliga begin
 
2006-02-02


DIE Yorkshire Fietsryklub hou Saterdag sy eerste ligabyeenkoms van die jaar.

Die byeenkoms sal om 14:00 op die Faurestraat Stadion begin.

Wedrenne vir alle ouderdomsgroepe sal aangebied word insluitende ontwikkelingswedrenne, waaraan deelnemers met enige tipe fiets kan deelneem.

Plaaslike junior en elite jaers is tans druk besig om voor te berei vir die nasionale proewe wat op 11 Februarie by die Bellville Velodrome plaasvind.

Na afloop van dié byeenkoms sal die spanne aangekondig word wat SA sal verteenwoordig tydens die jaarlikse internasionale Drienasies-byeenkoms op 10 Maart.

Die plaaslike ligabyeenkoms is die ideale geleentheid vir die ryers om hul fiksheid op peil te kry.

Terselfdertyd is die fietsryers ook besig om te slyp vir die SA Baankampioenskap wat van 26 tot 30 April in Durban sal plaasvind.

Toeskouers kan Saterdag in die Paarl uitsien na aanskoulike fietsry deur die plaaslike fietsryers. Toegang is R5.



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za