Top atletiek op Coetzenburg
2006-02-02
DIE derde Kampioen Uitdaagreeks-byeenkoms van Atletiek Suid-Afrika (ASA) vind môreaand op die Coetzenburg Stadion in Stellenbosch plaas.
Dié byeenkoms beloof om een van die hoogtepunte van die 2006 seisoen te wees.
Dit is die laaste byeenkoms voor die SA Senior Kampioenskap wat van 10 tot 12 Februarie gehou word.
Talle van Suid-Afrika se beste atlete het reeds aangedui dat hulle môreaand se byeenkoms wil gebruik as laaste voorbereiding vir die SA Kampioenskap.
Die SA’s is die laaste geleentheid waar die atlete nog kan kwalifiseer vir die Statebond Spele in Australië.
Die eerste items begin reeds om 16:30 en die hoofprogram begin om 18:00. Toegang is R20 (R10 vir kinders).
More
News
|