Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Paarl-Oos vertrap Bergrivier

Paarl-Oos vertrap Bergrivier
 
2006-02-02


DIT was Saterdag ’n kort dag op die speelveld vir Paarl-Oos Krieketklub se eerste span.

Paarl-Oos het in sy eerste 45-beurt wedstryd van die seisoen op New Orleans-veld vir Bergrivier vir ’n skamele 85 lopies uitgeknikker.
D Isaacs (23 4x3) was die enigste kolwer wat ’n paar lopies kon aanteken.

Paarl-Oos se boulaanval is gelei deur Elroy Abrahams (4/15 in 9bb) en Justin Watts (3/5 in 4bb).

Die tuisspan het net 16 beurte nodig gehad om die wedstryd met nege paaltjies te wen.

Waylain September het vir die soveelste keer dié seisoen vir sy span met die kolf uitgeblink. Sy 51 lopies het agt grenshoue ingesluit. Hy is goed ondersteun deur Davids Stevens (24nun 4x2).

Op Weltevrede het Paarl-Oos II ook met hul eweknie van Bergrivier afgereken.

Die tuisspan behaal 108, met C Jephta (21 4x1, 6x1) wat lopies kry.

Vir die besoekers het Nico Jonck (5/31 in 9bb), Mario de Kock (2/14 in 6bb) en Koos Liebenberg (2/0 in 2bb) die paaltjies platgetrek.

Ook hier het die Paarl-manne net 16 beurte nodig gehad om 112 vir die verlies van geen paaltjies aan te teken.

Garth Lewis was die groot kanon, met ’n onoorwonne 87 wat 11 grenshoue en ’n ses ingesluit het.

Paarl-Oos III (186) het op Cloetesville teen Spes Bona (189/8) vasgeval.

Die Paarl-span se uitblinkers was Hein Coetzee (30 4x1 en 2/24 in 10bb), Garland Goliath (24 4x2), Ferdi Jonathan (30 4x4) en Donnie van Schoor (4/40 in 10bb).

Saterdag speel Paarl-Oos I (tuis) en II (weg) teen Young Peoples.
Die derde span speel op Parys-veld teen Paarl.



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za