Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Van kattekwaad tot nare vandalisme

Van kattekwaad tot nare vandalisme
 
2006-02-02


ONS bly al 20 jaar in die rustige woonbuurt Vrykyk in Paarl-Suid en is sielsgelukkig.

Ons is gewoond aan die jongspan wat toktokkie speel tydens vakansies, klokkie druk en weghardloop. Groot was ons skok op 29 Desember, die dag van die matriekuitslae.

Ons het om 22:45 rustig gesit en televisie kyk toe ons ’n stroom water hoor spuit.

Gedagtig aan die warmwatersilinder spring ons op om te sien dat ’n tuinslang (wat al 20 jaar in die tuin hang) deur die sitkamervenster
gedruk is.

Die water spuit volstoom op ’n langhaar-wolmat en gestoffeerde meubels.

Aan die blaf van die straat se honde weet ons in watter rigting die skuldiges weggehardloop het.

My man was siek van die griep en ek het ’n beseerde regterarm, wat gemaak het dat dit ons ’n uur en half geneem het om al die water op te droog.

Ons moes die swaar, nat mat buitentoe neem en al my badhanddoeke gebruik om die water te keer. Nou wag ons nog om te sien of die wolmat permanent beskadig is.

Die sersant van die polisie wat uitgekom het na ons oproep, het gesê dit is kriminele saakbeskadiging en geen kinderpret nie.

Nou wil ek vir die ouers van skoolgaande kinders in die buurt vra of hulle weet waar hul kinders daardie aand om 22:45 was en wat hulle gedoen het.

Teleurgesteld en hartseer



More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za