Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Groot huisprojek op Wellington

Groot huisprojek op Wellington
 
2006-02-02


GRONDVERSKUIWING begin eersdaags by die nuutste ontwikkeling by die suidelike ingang na Wellington, Bordeaux, langs Piet Retiefstraat.

Die ontwikkeling is verlede week formeel bekend gestel deur Herman Bailey, burgemeester van Drakenstein. Meer as 100 wooneenhede is reeds verkoop.

Die ontwikkeling bestaan uit 210 woonstelle en 88 plot-en-plan huise in ‘n sekuriteitskompleks met toesluitmotorhuise.

Daar is twee damme ingesluit in meer as vyf hektaar oop ruimte, asook ‘n klubhuis met swembad, braaigeriewe en onthaalarea.

Die eerste wonings sal teen Maart volgende jaar voltooi wees.
Woonstelpryse begin by R450 000 vir die eenslaapkamer, die tweeslaapkamer by R642 100 en die drieslaapkamers by R725 000.
Plotpryse is vanaf R390 000 en voltooide huise (plot ingesluit) vanaf R725 000.

Die ontwikkelaar is Cavalier Developments, met die projekkoördinering deur Durare Property Investments.

* Wellington’s latest housing development gets off the ground.



More News
  • Hotel to convert to retirement centre
  • Nuwe daghospitaal vir Noorder-Paarl
  • Progress in Klapmuts
  • Green office block planned for Paarl Mall
  • Skole speel groot rol in Drakenstein se eiendomsmark
  • Woonstelmark wil-wil wakker word
  • Objections to Waterfront development
  • Farm up for auction
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za