Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Jong violis by La Motte

Jong violis by La Motte
 
2006-02-02


DIE eerste musiekkonsert vanjaar op La Motte Wynlandgoed is Saterdag, om 19:00 met die jong Nederlandse violis Simone Lamsma as solis.

Lamsma (20) het pas drie keer met die Kaapse Filharmoniese Orkes opgetree as deel van die orkes se Mozartfees.

In 2002 het sy, as die jongste deelnemer in die senior afdeling van die Internasionale Yehudi Menuhin Vioolkompetisie, die derde prys verower, en daarna die eerste prys in die Benjamin Britten Internasionale Vioolkompetisie.

Sedert sy op twaalf haar eerste concerto met die Haydn Jeug Strykorkes gespeel het, het sy 13 concerti met Europese orkeste gespeel.

Op La Motte speel sy sonatas van Mozart en Beethoven onderskeidelik, asook Saint-Saens se virtuose “Introduction and Rondo Capricioso”.

Sy word deur pianis Christopher Duigan van Pietermaritzburg begelei.
Kaartjies, wat landgoedwyn en ’n ligte aandete insluit, is beskikbaar deur Angela op die landgoed te skakel by 876-3119.



More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za