Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Lesing oor Afrikaans

Lesing oor Afrikaans
 
2006-02-09


DIE kundigheid van die taalkundiges is die onderwerp van ’n lesing aangebied deur die Vriende van Afrikaans.

Die Johan Combrink-gedenklesing word vanaand in die JS Gericke biblioteek in Stellenbosch aangebied.

Johann Rossouw, redakteur van die Vrye Afrikaan, en Henry Jeffreys, waarnemende hoofredakteur van Die Burger, is genooi om as sprekers op te tree.

Hierdie twee bekendes in die joernalistieke węreld gee interessante perspektiewe op enkele aspekte rondom Afrikaans.

Die onderwerp van Johann Rossouw se bydrae is “Die kundigheid van die taalkundiges”.

Prof Andreas van Wyk tree op as seremoniemeester. Na vraetyd word die aand afgesluit met ligte verversings in die teekamer.

Die gedenklesing begin om 19:00 in die ouditorium van die JS Gericke biblioteek van die Universiteit van Stellenbosch. Die biblioteek is onder die Rooi Plein agter die administrasieblok in Victoriastraat.

Skakel die Vriende se kantoor by 808-3744/5 voor Dinsdag om die geleentheid by te woon.



More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za