Valentynsdans by Bergrivier
2006-02-09
DIE Hoërskool Bergrivier op Wellington bied Saterdag ’n Valentynsdans aan.
Die gaskunstenaar is Ezra (Idols 2002) en Merlin Balie is die seremoniemeester.
Kaartjies is beskikbaar teen R80 per persoon en sluit in ’n kaas & wyn, driegang-maaltyd en Unity Brass Band verskaf die musiek.
Elke gas sal ’n geskenkie ontvang en daar is ook hope ander pryse te wen.
Een gelukkige paartjie staan die kans om heerlik bederf te word die daaropvolgende Saterdag.
Die prys sluit in ’n limousine-rit na ’n restaurant, ete vir twee, gevolg deur ’n fliek.
Daarna sal hulle weer vervoer word na ’n plaaslike “Bed & Breakfast” waar hulle sal oornag.
Kontak die skool by 873-2301 vir navrae en/of kaartjies.
More
News
|