Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Hope talent vir Paarl Wingerdfees

Hope talent vir Paarl Wingerdfees
 
2006-02-09


TOP kunstenaars gaan sorg vir die vermaak by die Paarl Wingerdfees wat op 3 en 4 Maart in Faurestraat plaasvind.

Vrydagaand begin die vermaak om 15:45 met AManda Luyt, gevolg deur Akkedis, Chereé, Bianca, Christo & Kobus en Dozie, wat van 21:30 tot 23:10 aan die beurt is.

Saterdag begin die vermaak om 10:45 met Skallabrak en sluit af met die Jesse Jordan Orkes, wat van 22:00 tot 23:30 sal optree. Tussenin tree Arno Jordaan, Shine 4, Righty Retief & Alana, Anke, Gift, die Jakkie Louw Band, Thys die Bosveldklong en die Campbells op.

’n Gedeelte van Faurestraat sal gesluit word vir dié pretgeleentheid, met kosstalletjies en ’n kunsmark in die park en straat.

Wynlandgoedere sal stalletjies in die stadion hê. Daar sal ook ’n biertent en kroeg wees en ’n restaurant waar mense rustig kan kuier.

Die fees sal die Vrydag van 14:00 tot 23:00 oop wees en die Saterdag van 10:00 tot 23:30.

Tydens die ‘Rock in die Wingerdstok’ sal daar ook geleentheid gegee word aan plaaslike sangers om hul talent ten toon te stel in ’n ‘Idols’-kompetisie.

Plaaslike skole in Drakenstein gaan voorsien word van inskrywingsvorms vir die kompetisie, maar ander belangstellendes is ook welkom om in te skryf.

Daar is drie kategorieë: laerskool, hoërskool en seniors. Die inskrywingsfooi is R50 per inskrywing.

Weens die beperkte tyd vir die uitdunne sal slegs die eerste 20 inskrywings per kategorie aanvaar word. Die uitdunne vind Vrydag 3 Maart van 10:00 tot 18:00 plaas.

Deelnemers moet twee liedjies sing en hul eie agtergrondmusiek op CD verskaf.

Die deelnemers wat deurdring tot die volgende rondte sal weer op Saterdag 4 Maart van 12:00 tot 18:00 hul vernuf ten toon stel. Die drie wenners sal dan ook net voor die hoofkunstenaar die Saterdagaand optree.

Navrae by Naartjie, 083-563-4920.

Kaartjies vir die fees is beskikbaar by die rugbyklub, Pêrel Sport (Mall) en Musiklood. Kaartjies is R70 per dag vir al die aktiwiteite (kinders o.18 is R30).

Feesgangers word aangeraai om hul eie stoel of kussing saam te bring.



More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za