Week van gebed
2006-02-09
DIE Strooidakkerk hou van 12 tot 15 Februarie ’n Week van Toewyding, Gebed en Herlewing met ds Willem Badenhorst as prediker.
Hy preek Sondagoggend om 09:30 en Sondagaand om 19:00, asook elke weeksaand om 19:00. Lofprysing en aanbidding begin 18:50.
Woensdagoggend 15 Februarie vanaf 10:00 tot 13:00 kan u deel in ’n gesprekservaring met ds Willem vir ’n breër perspektief op gemeente-wees, gebed, herlewing en verantwoordelike hernuwing.
Laerskoolkinders is in die kerksaal en Kleuterkerk is oop saans vanaf 18:40.
’n Halfnag-gebedsbyeenkoms vind Vrydagaand om 19:00 by Villieria se sitkamer plaas.
Kontak Karin Kleynhans by 872-1350 en 082-927-4597 vir meer besonderhede.
* Die gemeente het Sondae om 09:30 ’n tweede oggenddiens in Hoër Meisieskool se saal. Dit is 'n familiediens onder leiding van ds Fanie Kriel. Navrae by tel 872-4396.
More
News
|