Interessanthede vir tuinbou vanjaar
2006-02-09
LIEFHEBBERS van tuin en huis kan regskuif vir interessantighede op die program van die Paarl Tuinbouvereniging.
Donderdag 2 Maart om 09:30 is die eerste byeenkoms, met ’n vrolike oggend by Coffee@Vendôme, waarheen alle tuinbouvriende genooi word.
Daar sal verleidelike eetgoed wees om aan te smul terwyl gaste kan luister na Martie de Wet, tuinargitek en kunstenaar van Kaapstad.
Dié oggend is gratis. Daar is net plek vir 50 entoesiaste, en besprekings moet voor 28 Februarie gedoen word by Ilse Mouton (083-709-6408) of Hermien Verster (082-440-4001).
Indien dit nie moontlik is om hierdie geleentheid by te woon nie, kan mens steeds ’n nuusbrief ontvang (skakel dieselfde telefoonnommers).
“So word jy deel van die afskop van die nuwe dekade van kreatiewe tuinbou waar vars denke ten opsigte van klimaat, water, tyd en ekonomie nodig is,” sê Hermien.
Paarl Tuinbou wil die trotse tradisie voortsit wat tuinliefhebbers met die stigting van die vereniging in 1931 begin het, deur die aanplanting van die tuin by Meulwater op die Paarlberg.
Vir vanjaar beplan Paarl Tuinbouvereniging uitstappies na plekke wat die siel van omgewing-, tuin- en leefstylliefhebbers sal voed.
So word ’n uitstappie beplan saam met die bekende geoloog, prof Izak Rust, wat gaste sal onderhou met ’n praatjie oor klippe in die omgewing.
* Garden and lifestyle en-thusiasts can now join the Paarl Garden Club.
More
News
|