Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Glansmodes by Nederburg

Glansmodes by Nederburg
 
2006-02-09


MOOI mense en sexy skeppings sal met die “Seldsame Suid-Afrikaanse Modevondse” tydens die wynveiling by Nederburg wynlandgoed in die Paarl te siene wees.

Op Sondag 9 April is die glansvertoning ten bate van liefdadigheid oop vir die publiek.

Een van die bekende ontwerpers wat deelneem Gert van de Merwe. Hy glo swart, grys, houtskool en selfs mahonie of kastaiing hoef nie somber te wees nie.

Hy gebruik tierlantyntjies en tekstuurlae wat die lig laat dartel en smuk met borduurwerk en krale.

Sy inspirasie vir Nederburg is “klassieke Balenciaga met ’n tikkie Boheemsheid uit die jare veertig, en selfs ’n bietjie Eduardiaans daarby.”

Kaartjies (teen R500 per persoon) vir die vertoning die Sondag ten bate van liefdadigheid, is by Computicket te kry.



More News
  • Natural burials arrive in South Africa
  • Lofprysing Oppiberg
  • Bonsai Kai vergader
  • Benefit concert
  • Have a lazy day braai
  • Staan op in moeilike tye
  • Boeresport by fondsinsamelingsdag
  • Local schools shine in debate
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za