Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


UItlatings oor insleep

UItlatings oor insleep
 
2006-02-09


’n HOFBEVEL is uitgereik teen ’n insleepmaatskappy om ’n voertuig aan die eienaar terug te besorg.

Op 14 Januarie was konst Leon Andrews in ’n ongeluk in Jan Phillipsrylaan in die Paarl betrokke.

Sy Toyota Corolla kon nie verder ry nie, en die insleepdiens, Boland Towing, was dadelik op die toneel.

Konst Andrews het vir hulle in kennis gestel dat hulle eers toestemming by sy versekeringsmaatskappy moet kry voordat hulle die voertuig mag verwyder.

“Die werknemer van Boland Towing het sy foon uitgehaal en geskakel. Hy het aan my gesê dat hulle dit goedkeur as hulle die voertuig wegsleep,” het Andrews gesê.

Die motor is weggesleep, maar toe dit kom by die afhaal van die voertuig, is Andrews ingelig dat hy R5000 moet opdok vir die insleep en berging van die motor.

“Hulle het vir my gesê dat hulle wel die versekering gebel het, maar nou sê die versekering hulle het nooit van hulle gehoor nie,” sê ’n ontstoke Andrews, wat net sy motor wil terug hê.

“Hulle het onder valse voorwendsels my voertuig gevat en die gemeenskap moet hierteen beskerm word.”

’n Woordvoerder van die versekeringsmaatskappy het gesê dat Boland Towing nie by hulle geakkrediteer is om hul kliënte se voertuie weg te sleep.

Boland Towing staan die aansoek teen, wat op 15 Februarie aangehoor word.

* An interdict is sought against a local towing company.



More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za