Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Meisie uit haar bed ontvoer

Meisie uit haar bed ontvoer
 
2006-02-09


’n ELFJARIGE dogtertjie is met ernstige beserings in die hospitaal opgeneem nadat sy uit haar ouerhuis op ’n plaas in Agter-Paarl ontvoer en verkrag is.

Die meisietjie het die Sondagaand in haar bed op die plaas De Eike geslaap toe ’n man deur die kamervenster geklouter het.

Sy is gewurg, uit die woning gedra en in ’n voertuig gelaai voordat die man weggery het.

Die meisie is erg aangerand en twee keer verkrag voordat hy haar weer buite die huis afgelaai en weggejaag het.

Die Paarl polisie was die aand juis op De Eike om ondersoek te doen na ’n klagte van ’n 28-jarige vrou wat deur vier mans aangerand is voordat haar huis aan die brand gesteek is.

’n Moeder het met haar bebloede dogtertjie by die beamptes aangekom en hulp gesoek.

Die kind is dadelik na die traumakamer by die polisiestasie geneem en daarna in die hospitaal opgeneem.

Sy is later weens die erge graad van haar inwendige beserings na die Tygerberg Hospitaal oorgeplaas.

Die verdagte, Karel Croy, is dieselfde nag nog op die N1 in hegtenis geneem. Sy voertuig, met bloed op die sitplekke, is deursoek en daar is op bewysstukke beslag gelê.

Croy, van die Vygiekraal woongebied by Durbanville, het na bewering die dag by sy suster in ’n buurhuis gekuier en gedrink.

Hy het na bewering die ontvoering beplan en later die aand teruggekeer om die slapende meisietjie te ontvoer.

Insp Deon Nicholas (863-1040) is die ondersoekbeampte.

* A young girl (11) was seriously injured by a rapist who abducted her from her bed on the farm Die Eike, situated in Agter-Paarl.



More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za