Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Polistasie oppad

Polistasie oppad
 
2006-02-09


DIE oprigting van ’n nuwe Paarl-Oos polisiestasie langs Allandale-gevangenis behoort teen Junie op dreef te kom.

Die tenders vir die bou van die polsisiekantoor sal, volgens Openbare Werke, uitgestuur word sodra finansies met die nuwe finansiële jaar in April beskikbaar is.

Tans is die Paarl-Oos polisiestasie erg vervalle en beamptes sit in beknopte kantore.

’n Nuwe polisiekantoor met beter werksomstandighede sal dienslewering verbeter, het stasiekommissaris Daniël Uys gesê.

“’n Intensiewe misdaadbekampingsprojek met sigbare voet-patrollies oor die Feestyd het die misdaadsyfer in Paarl-Oos hok geslaan,” het supt Uys gesê.

Moord, verkragtings en rooftogte het met 52% gedaal, terwyl huisbrake en roof met 44% gedaal het.

Onsedelike aanranding het met 25% gedaal terwyl arrestasies vir dwelms, onwettige drank en bestuur onder die invloed van drank met 25% gestyg het.

Daar is op 26kg dagga beslag gelê, asook 870 mandraxtablette, 125 Tik strooitjies en 156 daggaplante.

Supt Uys het die gemeenskap en buurtwagte vir hul samewerking bedank.



More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za