Skaam vir jou, roker
2006-02-09
NUUSBERIGTE, koerantopskrifte, radioflitse, bruin rookbolle en roet op die vensterbanke maak ons daagliks bewus van veldbrande.
Voeg daarby temperature van 36 grade, stormsterk winde, en dit is ’n dodelike kombinasie wat alles vernietig.
Die Britse toeris wat die brand by Tafelberg veroorsaak het (met sy sigaretstompie) kan hom dalk daarop beroep dat hy nie die Paarl Post of Die Burger lees nie, ook dat hy nie na die SAUK kyk nie.
Hierdie droë veld van ons is iets heeltemal buite sy verwysingsraamwerk. Iets wat hy glad nie ken nie. Hopelik sal sy familie, kollegas, die regter of die paroolbeampte spoedig vir hom vra hoekom hy dit gedoen het.
Maar dan vra ek myself net af, hoekom sou die bestuurder van die wit Isuzu bakkie CJ 57181 oënskynlik ’n sigaretstompie naby Windmeul op die Agter-Paarl pad op 2 Februarie uitgooi? Dalk nog ’n toeris?
Sal diegene wat hierdie “toeris” ken, hom asseblief vra?
Anoniem
More
News
|