Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Ons hartseer troudag was 'n groot skok

Ons hartseer troudag was 'n groot skok
 
2006-02-09


EK het my kop in skaamte laat sak en my oë het vol trane geskiet toe ek by die kerk en daarna by die onthaal instap.

Ons het die bloemiste so volkome vertrou dat ons haar voor die tyd betaal het.

Sy het my gesmeek om nie die dag by die onthaalsaal ’n draai te maak nie. Het ek maar, dan kon ek nog red wat te redde was.

Daar was geen kersrangskikking voor in die kerk soos versoek nie.

Die een kers op die registertafel en in elk van die vensterbanke het
nie gebrand nie en dít nadat sy my verseker het dat sy dit sou aansteek.

Die confetti-mandjies was nie oorgetrek nie en die lelies by die onthaal was fetilik almal toe.

Die drie groot kerse wat op elke tafel bestel is, is vervang met kleineres. Waar die blomme in die toilette moes wees, was twee glasbakkies.

Ek het amper R7000 betaal vir uiters swak, onaanvaarbare diens.

Ek neem myself vreeslik kwalik. Ek het een persoon die mag gegee om ons mooiste dag te bederf.

Het ons maar van die ander bloemiste in die Paarl wat reeds naam gemaak het, gebruik gemaak.

Ek wil alle voornemende bruide en hul ma’s versoek om baie versigtig te wees met die keuse van bloemiste.

Sy moet ’n passie vir haar werk hê, ’n bewese goeie rekord van onthaalversiering, en haar kliënte belangrik ag.

Teleurgestelde ma



More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za