Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Wellington Rugbyklub skud vere reg

Wellington Rugbyklub skud vere reg
 
2006-02-09


DIE Boland klubrugbykampioen, Wellington, het groot planne vir die jaar.

Die klub wie se eerste span vanjaar weer deur Jaco Stoumann en Bertie Schreuder afgerig sal word, sal op 4 Maart ’n oefenkamp op Schalk Burger se plaas bywoon.

Wellington speel op 11 Maart teen Villagers (WP) tydens die Vredendal Rugbydag.

Een van die groot gebeurtenisse op die rugbykalender is die rugbydag wat Wellington Rugbyklub op 18 Maart gaan aanbied.
Twintig spanne, tien van die Boland en tien van die WP, sal tydens dié toernooi in aksie wees.

Wellington se eerste span sal op 25 Maart teen ’n span van die Britse Weermag speel in ’n voorwedstryd vir die Boland Kavaliers Blou Bulle kragmeting.

Die eerste ligawedstryde skop op 1 April af, met Wellington wat sal hoop om hul titel vir die vierde agtereenvolgende jaar te verdedig.
Die Wellington-spelers sal aan die einde van die seisoen na Argentinië toer.

Die klub oefen reeds Dinsdae en Donderdae.
Navrae: Dolf Stemmet 083-303-0960.



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za