Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Paarl-Oos proe heelwat sukses

Paarl-Oos proe heelwat sukses
 
2006-02-09


DIE manne van Paarl-Oos Krieketklub het Saterdag ’n oortuigende 60-lopie oorwinning oor Young Peoples op Allandale behaal.

Paarl-Oos behaal 195/7 nadat Peoples hulle instuur om te kolf.

Shaun Cuttings (52 4x7), Roswin Jephtha (32 6x1), Elroy Abrahams (30 4x5) en David Stevens (29 4x2) teken almal dubbeltellings aan.
Lorenzo Jacobs met 3/30 na nege boulbeurte was Young Peoples se beste bouler.

Peoples word beperk tot 135 lopies almal uit, danksy goeie boulwerk deur Dennis November, Waylain September (3/33 na 8 bb), (2/20 na 7bb) en Zynodien Fredericks (2/40 na 9bb).

Peoples se lopies is deur Rupert Bailey (60 4x6), Brandon Gabriels (28 4x3) en Henry Julies (21 4x1, 6x2) gemoker.

Sondag het Paarl-Oos teen Paarl op die Parysveld gespeel.
Paarl-Oos behaal 173/8, met Shaun Cuttings (23 4x3), Roswin Jephtha (54nun), Wilton van Neel (29 4x1, 6x2) wat lopies kry.

Die Paarl-boulers wat beďndruk is Lynal Fredericks (3/39) en Anwell Newman (3/22).

Paarl-Oos se boulers rig weer die skade aan en haal Paarl vir 118 in die 38ste beurt uit. Goeie sessies is deur Craig Abrahams met (2/8 na 6bb), Hilroy Paulse met (2/32 na 7bb) en Elroy Abrahams (3/32 na 9bb) geboul.

Paarl-Oos II (256) het op Daljosafat vir Peoples II (254/9) met een paaltjies geklop.

Peoples se lopiemakers is A Deysel (68 4x8, 6x1), Wade October (76 4x6, 6x1) en Tom-Ross Fortuin (38 6x5).

Paarl-Oos se uitblinkers is Mario de Kock (3/48 na 8bb), Justin Watts (3/25 na 9bb), Koos Liebenberg (2/62 na 9bb), Mark Borchards (46 4x6, 6x1), Bruce Miller (56 4x8, 6x1), Randall George (42nun 4x1) en Nico Jonck (32 6x1, 4x1).

Sondag het Paarl-Oos II (295/5) vir Paarl II (243) met 52 lopies geklop.

Die hoogtepunt van die dag was Werner Erasmus se onoorwonne 150 (4x16, 6x9) van 103 balle.



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za