Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Rugbyklub vier fees met kriekettoernooi

Rugbyklub vier fees met kriekettoernooi
 
2006-02-09


DIE Young Standards Rugbyklub het onlangs sy 115de feesvierringe afgeskop met ’n 25 boulbeurte krieketwedstryd.

Die wedstryd is tussen ’n Young Standards XI en ’n Young Standards Uitnodigings XI gespeel.

Die uitnodigingspan onder leiding van Lee Scholtz teken ’n skaflike 165/8 aan.

Bradwell Swartz en Gavin Isaacs blink uit met die kolf en teken albei 50-talle aan.

Owen Timmie het die wedstryd vir die Young Standards XI-tal gewen toe hy ’n groot ses van die derde laaste bal van die wedstryd gemoker het.

Die span wen met twee paaltjies nadat Rico Davie en die ‘supersub’ Brendon van Schoor albei 50-talle aanteken.

Die ses-aan-’n-kant-toernooi wat daarna gehou is, is gewen deur die span van Angus Lewis, wat eers met die span van Conrad Poole in die semi-finaal afgereken het en daarna die span van Elroy Arendse in die eindstryd geklop het.

Die plaatwenners was die span van Cain Williams.

Young Standards RFC beoog ’n oefenkamp vir die naweek van 4 Maart te Jonkershoek en speel vriendskaplike wedstryd teen Newton Villagers (11 Maart), Tulbagh (18 Maart), Blue Stars (25 Maart).

Die klub se juniors is reeds besig met hul voorbereiding en navrae kan aan Jessica Adams gerig word.

’n Gedenkdiens word vir Maart beoog, waarna alle lede en oud-lede uitgenooi word. Besonderhede sal later bekend gemaak word.
Navrae: Martin 083-443-1223.



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za