Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Gemengde sukses vir Peoples

Gemengde sukses vir Peoples
 
2006-02-09


DIE eerste en tweede spanne het Saterdag albei in hul eendagwedstryde teen Paarl-Oos Krieketklub vasgeval, maar Sondag daarvoor vergoed met seges oor Bergrivier.


Peoples I het Bergrivier op Daljosafat met 46 lopies geklop.
Peoples behaal 261/6 danksy ’n skitterende 92 (4x5, 6x5) van slegs 82 balle deur Brendon Gabriels. Hy is goed ondersteun deur Edwin Jacobs (46 4x6), Rupert Bailey (34 4x5) en Warren George (29 4x3).

Lester Hendricks (3/30 in 9bb) was die besoekers se beste bouler.
Bergrivier begin goed en het na 13 boulbeurte 110 op die telbord, nadat Darren Isaacs (66 4x11) en W Goetham (43 4x5) ’n goeie vennootskap aanmekaar slaan.

Goeie veld- en boulwerk beperk hulle egter tot 215 in die 38ste beurt.
Lorenzo Jacobs (4/54 in 9bb), Hubert Ontong (3/40 in 9bb) en Henley Julies (2/36 in 9bb) sorg dat Peoples die knoop deurhak.

Peoples II het op Wellington ook sukses geproe toe hulle vir Bergrivier II (218) met een paaltjie geklop het.

Goeie boulwerk deur Marlin Carolissen (1/27 in 9bb), Jermaine Williams (2/23 in 9bb), Ryan Davids (3/30 in 7bb) en lopies deur Tom-Ross Fortuin (69 4x10, 6x2) en Lindsay Davey (79 4x12) het die wedstryd vir die Paarliete verseker.

Vir Bergrivier het Garth Abrahams (41 4x4, 6x1), Waylon Libbie (26 4x4 en 2/25 in 9bb), Johan Pietersen (42 4x4, 6x1), Ethan Pietersen (2/45 in 6bb) en M Hendricks (2/38 in 9bb) moedig probeer.

Peoples III het Saterdag op Kraaifontein met 20 lopies teen Oostelikes III verloor.



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za