Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Griekwas toets Kavaliers eerste

Griekwas toets Kavaliers eerste
 
2006-02-09


’n GOEIE kombinasie van ervare hardebaarde en ’n rits nuwe, talentvolle spelers sal hopelik dié seisoen die wenresep wees vir die Boland Kavaliers.

Dit sal die geharde voorry van Tommy Dixon, Conrad Burke (kaptein) en Fabian Brandt wees wat Saterdag sal sak teen die Griekwas in die Kavaliers se eerste Vodacom-kragmeting van die seisoen.

En dit is juis in die skrums waar die Kimberliete sal hoop om die Kavaliers aan te vat.

Die nuwe aanwinste Willy Bower (OP) sal saam met Piet Myburg op die slotposisie diens doen, terwyl nog twee nuwe gesigte, Evert Kleynhaus en Sebastian Hilpert, op die flank-posisie sal sak.

Agtsteman Henley du Plessis is weer terug op sy pos ná ’n lang beseringsbreek.

In die agterlyn sal die vuurvreter-skrumskakel Charl Blom weer in aksie wees, terwyl Solly Goosen ook sy terugkeer tot die span maak, nadat ’n besering hom op die kantlyn gehou het.

Die Boland-breiers het Dinsdagaand nog kop gekrap oor die senterpaar.

Kobus Meintjies en Claude Arendse het die fort gehou tydens die Kavaliers se drie opwarmingswedstryde.

Die gevestige paar van Jacques Badenhorst (besering) en Piet van Zyl (Stormers-groep) is egter weer vir die Boland beskikbaar en die keurders sal die twee kombinasies teen mekaar moet opweeg vir Saterdag se kragmeting.

Die Kavaliers is twee van sy heelagters kwyt nadat Justin Peach op die nippertjie deur die Stormers ingetrek is en Antonius Verhoeven in die Springbok Sewe-span opgeneem is.

Die Boland-vleuel, Renfred Dazel, is ook saam met die Sewes-Bokke op toer.

Die nuwe gesigte van Louw Schabort, Ricardo Pietersen, Alvin Hugo (tans beseer), Monray Liebenberg en Oswald Damons sal om die drie agterste posisies meeding.

Die breiers is egter tevrede met die twee oefenspanne se vertoning teen die Maties verlede Woensdag op Stellenbosch.

Boland B het 43-38 gewen, terwyl die A-span 79-14 koning gekraai het.

“Die algemene spel tussen voor- en agterspelers was baie beter en ons het ook met spoed by die afbreekpunte gekom,” het die spanbestuurder, Denver Pienaar, vandeesweek gesê.

“Die bekommernis van die vorige wedstryde - die agterlynspel - is ook weg. Die spelers het mekaar beter gevind in die kombinasies en die hantering het heelwat verbeter.”

Saterdag se wedstryd op Boland Stadion begin om 16:00. As ’n spesiale vergunning weens die aankondiging van ’n nuwe borg, kan toeskouers die wedstryd gratis bywoon. Daarby sal Boland Rugby in samewerking met Fidentia gratis vervoer verskaf aan toeskouers.

Busse sal ondersteuners om 14:00 by die Klapmuts-vierrigtingstop, die Pelikaan Sports Pub in Wellington en by Daljosafat Stadion optel. Die busse sal 30 minute ná die eindfluitjie terugkeer na die onderskeie punte.



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za