Twee vermoor in Klapmuts
2006-02-16
’n VROU het Saterdag in die vroeë oggendure naby die Klapmuts Hotel gestap toe sy deur ’n man aangeval, verkrag en verskeie kere met ’n mes gesteek is.
Haar lyk is later tussen die bosse gevind. ’n Verdagte is in hegtenis geneem.
Ook Saterdagaand is Errol Lambrecht (28) met ’n mes doodgesteek ná ’n argument in Sidodostraat.
’n Tienerseun is in verband met dié moord in hegtenis geneem.
More
News
|