Motor val op man
2006-02-16
’n JAAGTOG deur die strate van Wellington het tot die dood van ’n man gelei.
Mark Joshua (27) van Malmesbury het die afgelope naweek by ’n familie-lid, Abraham Joshua, op Wellington gekuier.
Hy het vir Abraham gevra of hy Sondagaand sy motor kon leen en is daar weg met ’n vriend in die groen Volvo.
Na bewering het Mark met ’n geweldige spoed in Pentzstraat gery in die rigting van Weltevrede, toe hy beheer oor die motor verloor het.
Mnr Giasuddien Jaftha was tydens die ongeluk agter die toonbank in sy winkel Schoongezicht Café.
“Toe ek weer opkyk in die rigting van die deur, sien ek ’n motor verbygerol kom.
“Die motor het my afdak geslaan, asook die telefoonpaal uit die grond geruk. Nou sit ek sonder ’n foon.”
Mark is uit die voertuig geslinger en die motor het bo-op hom beland. Die passasier het ongedeerd van die toneel gevlug en word steeds deur die polisie gesoek vir ondervraging.
* A man died in a car crash in Wellington on Sunday night.
More
News
|