Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Hitte kos twee hul lewe

Hitte kos twee hul lewe
 
2006-02-16


TWEE kinders het die afgelope naweek verdrink toe hulle verligting van die versengende hitte gesoek het.

Denzil Pietersen (15) van die plaas Kunnenberg, het Sondagoggend vroeg saam met sy vriende na die Bergrivier gegaan.

Sy vriende het vir hom gewaarsku om nie saam met hulle in die water te gaan nie, want hy kon nie swem nie.

Die seuns het oorkant die rivier in die water baljaar en toe hulle weer kyk, sien hulle dat Denzil in die water spartel.

Sy broer Warren (11) het hulpeloos toegekyk hoe sy broer onder die water verdwyn.

Polisieduikers het Denzil se liggaam uit die water gehaal.

Denzil se tannie, Ida Plaatjies, by wie hulle woon, het gesê dat 12 Februarie ’n dag is wat sy nooit sal kan vergeet nie.

“My tweeling het verjaar, my dogter het gekraam, en nadat ons na die rivier toe gery het toe Denzil verdrink het, het ons amper verongeluk deurdat een van die motor se wiele afgeval het.”

Op die plaas Lanquedoc het Melani Prins (9) ook verdrink, nadat sy vermoedelik in ’n plaasdam ingestap is.

Melanie se ma, Elsie Prins, vertel hoe sy Sondagoggend besig was om kos te maak toe Melanie se maatjie vir haar kom haal het om te gaan speel.

Sy het vir Melanie gewaarsku om nie naby die water te gaan nie.
Melanie en haar vriendin het langs die besproeiingsdam gesit, toe sy na bewering deur ’n ander kind in die dam gestamp is.

’n Doofstom plaaswerker, Johannes Nero, het die drama gesien, maar teen die tyd dat hy vir Melani uit die dam kon haal, was sy reeds dood.

Die Paarlse polisieduikers het ook ’n sewe-en-twintigjarige man se liggaam uit ’n plaasdam gehaal op die plaas Goudmyn anderkant Stellenbosch.

Donvin Embrae het saam met vriende op die Goudmyn plaas geswem toe hy in die moeilikheid geraak het.

* Two children drowned during the weekend heat wave.



More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za