Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Tronk dink blykbaar daar is baie water

Tronk dink blykbaar daar is baie water
 
2005-04-07


IN die Paarl Post van 17 Maart word daar berig dat die Boland nou as rampgebied verklaar is weens die droogte.

Groot was my skok toe ek vir ‘n vriend van my by die Drakenstein Gevangenis gaan kuier het die volgende dag en sien ongeveer 25 sproeiers op grasperke en teerpaaie oop was.

Op die rugbyveld was ook twee van hierdie groot kanonne oop wat ‘n bittere klomp water op ‘n slag spuit.

Voor die Gevangenis het vier sproeiers die onkruid en die teerpad wat na die Paarl gaan natgemaak.

Ek het aan my vriend gevra wat gaan aan dat hulle so water spuit, het hulle iewers ‘n dam wat net hulle van weet?

Hy noem toe dat dit drinkwater is wat so op die grasperke gespuit word (die groentetuin kry water uit die rivier) en dat daar van die Munisipaliteit verlof gegee is dat alle krane wat ‘n pyp aan het vir drie ure soggens en vir drie ure saans oopgemaak mag word.

Weet hulle hoe leeg is die damme?

Daar is mense in ons land wat alles sal gee om net vir ‘n uur lank hulle lande nat te spuit en om vir hulle diere water te gee.

Hierdie mense spuit duisende liters water per dag op grasperke en teerpaaie weg.

Wanneer gaan dit stop? As daar nie meer is nie? Dan is dit te laat. Ek wonder net wat gaan hulle vir hul kinders sê as dié vir water vra.

Bitter bekommerd



More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za