Seniors vergader
2006-02-16
DIE Bergriviervallei Forum vir Afgetredenes reël Dinsdag, as deel van hul weeklikse aktiwiteite, ’n inligtingsgeleentheid om 10:30.
Twee onderwerpe kom onder die loep: die eerste is ’n dokument wat opgestel is met die oog daarop wat alles gedoen word by heengaan van ’n lewensmaat. Dit sluit in testament, boedelafhandeling, pensioen en mediese skema.
Tweedens word daar gekyk na besonderhede rondom Gems, die staat se mediese skema.
Dié vergadering is in die binnenshuise sportkompleks in Ambagsvalleistraat.
Alle huidige en afgetrede staatsamptenare, asook ander belangstellendes, is welkom. Navrae by 862-1623 of 862-2768.
More
News
|