Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Vrae oor stellings van die burgemeester

Vrae oor stellings van die burgemeester
 
2005-04-07


DIE burgemeester, mnr Herman Bailey, het onlangs aan die Paarl Post in antwoord op ’n brief gesê dat die voormalige hoof van elektrisiteit se heraanstelling op kontrakbasis “’n raadsbesluit was”.

Nêrens in my agendas of dié van die burgemeesterskomitee het die kontrakaanstelling van mnr Jan Coetzee as ’n item verskyn nie, wat nog te sê wat die vergoeding sou wees.

Die onderhandelings oor skeidingspakkette aan senior amptenare het agter toe deure plaasgevind en die burgemeester weier nog steeds om die terme van die ooreenkomste aan die Raad voor te lê soos wat hy veronderstel is om te doen.

Bevat die ooreenkomste dalk ’n item wat handel met kontrakaanstellings?

By twee geleenthede het die burgemeester op geskeduleerde raadsvergaderings aan die Raad voorgehou dat die betrokke amptenare reeds die ooreenkomste geteken het, terwyl dit nie die geval was nie.

Met die raadsvergadering op 22 Desember (spesiaal belê vir dié doel -bid jou aan) het DA lede teenwoordig die betrokke amptenare telefonies geskakel en bevestiging ontvang dat niks nog geteken is nie.

Weens die DA se uitstap by dié vergadering was ’n kworum daarna nie teenwoordig nie en die burgemeester en die ANC moes vir die volgende vergadering wag om die amptenare se diens te beëindig.

Met die volgende vergadering het die DA dit pertinent onder die burgemeester se aandag gebring dat die uitdiensstelling van veral die hoof van elektrisiteit (wat nog slegs twee jaar diens oorgehad het) verreikende finansiële gevolge sal hê aangesien die wet vereis dat die elektrisiteitsdepartement deur ’n behoorlik gekwalifiseerde elektriese ingenieur gelei moet word, en ’n konsultant teen addisionele koste aangestel sal moes word.

Mnr Bailey het dit afgemaak as onbenullige bedraggies en so in die slagyster getrap.

Nou skuld mnr Bailey die Raad en die inwoners van Drakenstein ’n verduideliking: Wat is die vergoeding van mnr Jan Coetzee?

Is dit R350 per uur soos bewerings dit wil hê, en wat werk dit per maand uit?

Wat beoog die burgemeester en komitee met die beoogde vier nuwe “direkteursposte” teen R600 000 per jaar elk?

Dit is tyd dat mnr Bailey begin pa staan vir sy uitvoerende besluite soos die afskryf van meer as R700 000 van die R1,5 miljoen wat Boland Krieket die munisipaliteit geskuld het en ophou skuil agter sogenaamde “raadsbesluite”.

Deetlefs du Toit (DA raadslid)



More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za