Drawwers op Wellington
2006-02-16
DIE Business Trust Long Run doen op Maandag 27 Februarie by Wellington aan.
Sowat 70 atlete sal die dorp omstreeks 17:00 binnestroom vanaf Bainskloof, onderweg tussen die Drakensberge en Tafelberg, wat hulle op 28 Februarie moet bereik.
Die atlete neem namens hul maatskappye deel aan die afloswedren. Elke span moet 120 km per dag aflę. Plaaslike inwoners kan hulle by Bolandstadion inwag, waarna ‘n gratis pretdraf aangebied word, met lekker pryse op die spel.
Vir meer inligting, kontak Jo-Ann Steenkamp by die Inligtingsburo, 873-4604 of 072-808-4161.
More
News
|