Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Twee vry na saak van verkragting

Twee vry na saak van verkragting
 
2005-04-07


DIE saak van verkragting van ’n tienermeisie in die Welsynskantore in die Paarl is teen Marthinus Gouws teruggetrek.

So ook teen Jerome von Willigh, ’n vriend wat dié Saterdagoggend in Mei 2004 saam met hom in die kantoor was.

Gouws, ’n bekende in Paarl-Oos, verskyn weer op 13 Junie op ’n afsonderlike aanklag van poging tot verkragting en onsedelike aanranding van ’n werknemer van sy skoonmaakdiens.

Gouws en Von Willigh is destyds in hegtenis geneem en borg geweier.

Hulle is drie maande lank in Allandale Gevangenis aangehou totdat die saak verlede maand in die Paarl streekhof teruggetrek is.

Bouvoorman Von Willigh sê: “Die eensame maande in die tronk was hel. Ek was sonder inkomste en ek het die heeltyd ’n knop in die keel en ’n knoop in my derms gehad.

“Dis ’n nagmerrie om saam met 40 aangehoudenes in ’n sel te wees. As dit diere was, sou die SPCA ingetree het.

“’n Mens het so ’n doodsgevoel. My bloeddruk het tot 180 oor 130 gestyg, en dit vir ’n ding wat ek weet ek nie gedoen het nie.

“Ek besef nou die lewe is nie so maklik soos ’n boksie Smarties nie.

“Die skade wat aangerig is, is onberekenbaar. Gelukkig het my familie en my vriende aan my bly glo.”

“Die oproep wat ek daardie dag by Marthinus Gouws se kantoor gaan maak het, was die duurste oproep van my lewe.”

Von Willigh en Gouws meen as die saak behoorlik ondersoek was, sou die polisie besef het dat hulle nie ’n saak gehad het nie.

“They jumped the gun,” sê Gouws.

Hy is in Allandale in ’n enkelsel aangehou vir sy eie veiligheid.
“Ek was beskermd, maar die deure wat so toegaan, en die slotte. Dit was hel,” sê die man wat voorheen self as spysenier vir Korrektiewe Dienste gewerk het.

“Daar is die vreeslikste korrupsie in die tronk. ’n Mens kan alles koop - R400 vir ’n bottel brandewyn, mandrax. Daar is selfone en selfs ’n vuurwapen in die selle ingesmokkel.

“Ek wil nou aangaan met my lewe. My vrou is weer terug by my. Ek wil dankie sê aan almal wat vir my gebid en my ondersteun het.”

Staatsaanklaer Anita Potgieter het bevestig dat die saak van verkragting teruggetrek is.

“Dit kan enige tyd weer op die rol geplaas word sodra die ondersoek voltooi is en ander getuienis vorendag kom.”

Die twee mans oorweeg nou siviele eise omdat hulle meen hulle is onregmatig aangekla.

Oor die beweerde poging tot verkragting en onsedelike aanranding van ’n werklnemer, verduidelik Gouws dat dit “net ’n vryery” was.

“Ek loop nou kaalvoet oor enige klag.”

* A rape case has been withdrawn against two Paarl men.



More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za