Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Caro Bruwer: 'Verby begin'

Caro Bruwer: 'Verby begin'
 
2006-02-16


DIT is ’n plek waar jy nie meer so tjommel oor alles nie. Só verduidelik Caro Bruwer die titel van haar nuwe CD, ‘Verby Begin’.

Caro is geen onbekende in die Paarl nie.

Sy, haar man en drie kinders woon die afgelope sewe jaar hier, nadat hulle van Phoenix, Arizona in die VSA teruggekeer het na hul “eie kultuur en taalhartland”.

Op Donderdag 2 Maart stel sy haar eerste CD bekend by Laborie Wynhuis.

“Vir my is Verby Begin ’n heerlike plek om te wees.

“Jy het die uitwerking van die aarde se swaartekrag op jou liggaam met grasie aanvaar.

“Jy glo wat jy glo, sonder om verskonings aan te bied of redes te verskaf.

“Ek glo eenvoudig in Jesus Christus en die Bybel en dit was nog altyd vir my genoeg.

As jy verby begin is, het jy al gesien wat die lewe met jou kan maak, is jy op ’n plek van dankbaarheid vir alles.”

Die titelsnit op die CD, ‘Verby Begin’, is 22 jaar ná die eerste snit, ‘Sir Lowry’s Pass’, geskryf.

Op twee na, het sy ál die musiek en lirieke self geskryf en die verwerking is deur Bram Potgieter gedoen.

Gedurende die afgelope 20 jaar het Caro onder meer in die Pretoria Staatsteater gesing, twee keer by Anneli van Rooyen se Kerslig, Vers en Melodie-konserte opgetree en drie keer deurgedring tot die semi-finaal van Crescendo.

Die CD is te koop in die Paarl Mall by Art & Craft teen R70.
Kaartjies vir die bekendstelling op 2 Maart is beskikbaar by 807-3095 of skakel Engela by 807-5700.

Kompetisie: Een gelukkige leser van die Paarl Post kan twee gratis kaartjies vir die bekendstelling wen.

E-pos die antwoord op die volgende vraag na susanb@ paarlpost.co.za, voor Vrydag 17 Februarie om 17:00: Wat is die naam van Caro Bruwer se CD?



More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za