Idols-kompetisie by Wingerdfees
2006-02-16
DIE ‘Rock in die Wingerdstok’, wat op 3 en 4 Maart in die Paarl plaasvind, sal ook geleentheid bied aan plaaslike sangers om hul talent ten toon te stel in ’n ‘Idols’-kompetisie.
Plaaslike skole in Drakenstein gaan voorsien word van inskrywingsvorms vir die kompetisie, maar ander belangstellendes is ook welkom om in te skryf.
Daar is drie kategorieë: laerskool, hoërskool en seniors. Die inskrywingsfooi is R50 per inskrywing.
Weens die beperkte tyd vir die uitdunne sal slegs die eerste 20 inskrywings per kategorie aanvaar word. Die uitdunne vind Vrydag 3 Maart van 10:00 tot 18:00 plaas.
Deelnemers moet twee liedjies sing en hul eie agtergrondmusiek op CD verskaf.
Die deelnemers wat deurdring tot die volgende ronde sal weer op Saterdag 4 Maart van 12:00 tot 18:00 hul vernuf ten toon stel. Die drie wenners sal dan ook net voor die hoofkunstenaar die Saterdagaand optree.
Die inskrywingsgeld is R60. Navrae by Naartjie, 082-563-4920. Kaartjies vir die fees is beskikbaar by die rugbyklub, Pêrel Sport (Mall) en Musiklood. Kaartjies is R70 per dag vir al die aktiwiteite (kinders o.18 is R30).
Feesgangers word aangeraai om hul eie stoel of kussing saam te bring. Besoek www.paarlwingerdfees.co.za.
More
News
|