Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Van wind en water

Van wind en water
 
2006-02-16


DIE gesamentlike produksie “Van wind en water”, met Laurinda Hofmeyr en Strijdom van der Merwe, is môre en Saterdag om 20:15 in die Oude Libertasteater op Stellenbosch.

Laurinda en die landskunstenaar Strijdom van der Merwe se produksie “Hadedas en Sterre” is tydens KKNK 2004 met ’n Kanna bekroon.

Die twee kunstenaars het besluit om weer hul talente opnuut saam te snoer. Die nuwe produksie sal hierdie naweek Oude Libertas gehore musikaal en visueel bekoor wanneer Strijdom ’n landskap skep waarin Laurinda se beeldryke musiek ’n nuwe dimensie kry.
Soos met hulle eerste samewerking is hierdie produksie ook spesiaal geskep vir die spesifieke teater. Strijdom het nuwe beelde in die landskap gefotografeer en die installasie word so geskep dat dit die argitektuur van die Oude Libertas komplimenteer.

Die titel “Van wind en water” verwys na die belangrikste inspirerende elemente waarom die vertoning draai. Alhoewel daar nie gepoog word om sinchronisasie tussen die beeld en musiek te bewerkstellig nie, word die gehoor wel van ’n meer subtiele, poëtiese verwantskap bewus.
Besprekings is by 809-7380.



More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za