Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Positief oor eiendom

Positief oor eiendom
 
2006-02-16


VERDERE uitbreiding word vir Rawson Properties in 2006 voorspel volgens Bill Rawson, voorsitter van die groep.

Volgens Rawson is daar verskeiee faktore wat die Suid-Afrikaanse ekonomie in 2006 ‘n hupstoot kan gee. Hierdie faktore is:

* Die Midde-Ooste en wêreldwye politiese onstabiliteit, wat heel moontlik tot verdere verhogings in die goudprys kan lei en ook die algehele aandeelprys kan beïnvloed.

* Die regering se vasberadenheid om ‘n 6% groeikoers te bereik en die verbandhoudende bereidwilligheid om R400 biljoen in die ontwikkeling van infrastruktuur teen 2010 te belê.

* Voortdurende aanvraag na Suid-Afrikaanse goedere, veral yster en steenkool, vanaf lande soos China, Indië en die Ooste.

* Die moontlikheid dat die rentekoers teen middel vanjaar met ‘n verdere 0.5% kan daal.

* Suid-Afrika se verbeterde vermoë om buitelandse markte binne te dring, nie net met kommoditeite nie, maar ook met fabrieksware.

“Ons residensiële eiendomspryse was voorheen so laag dat ons nog besig is om in te haal en steeds ver agter internasionale pryse is.

“Alhoewel die gemiddelde middelklas Suid-Afrikaner weer in eiendom belê, beheer hy sy uitgawes en is daar ‘n goeie kans dat die huidige groeisyfer realisties kan bly.”



More News
  • Hotel to convert to retirement centre
  • Nuwe daghospitaal vir Noorder-Paarl
  • Progress in Klapmuts
  • Green office block planned for Paarl Mall
  • Skole speel groot rol in Drakenstein se eiendomsmark
  • Woonstelmark wil-wil wakker word
  • Objections to Waterfront development
  • Farm up for auction
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za