Te vinnig vir inbrekers
2005-04-07
BOOSWIGTE het nie rekening gehou met die oplettendheid van bure en die spoed van polisiemanne toe hulle Dinsdag op Wellington wou inbreek nie.
Skaars is ’n ruit gebreek, of ’n buurvrou was op die telefoon na die polisie.
En sy het nog nie behoorlik die probleem verduidelik nie, of die eerste polisievoertuig hou stil voor Cummingstraat 64.
Die inbrekers is onverrigtersake daar weg.
“Ons het seker 12 huisbrake van hierdie tipe uitstaande,” het insp Marchel Rhode gesê.
“Ons wil so gou moontlik die inbrekers aankeer.”
Die skuldiges spring oor heinings en grensmure van buurwonings om so toegang tot agterplase te verkry. Dinsdag is ’n stoel tot onder ’n venster gedra sodat daar ingeklouter word nadat die ruit gebreek is.
’n Man in sy twintigerjare, met ligte gelaatstrekke en geklee in ’n blou werkerspak, was by die inbraak in Cummingstraat betrokke.
* Neighbours alerted Wellington police to a burglary in process.
More
News
|