Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Proe topwyne voor veiling

Proe topwyne voor veiling
 
2006-02-16


DIE gewilde veilingswynproe vir die publiek sal weer Woensdag in Kaapstad gehou word.

Dit sal wynliefhebbers die ideale geleentheid bied om sommige van die indrukwekkende wyne te proe wat te koop aangebied sal word op die jaarlikse Nederburg Wynveiling in die Paarl op 7 en 8 April.
Die wynproe sal gelei word deur wynkenner Bennie Howard by die BMW Paviljoen, Waterfront, om 18:30 vir 19:00.

Slegs gelisensieerdes mag op die Veiling bie en daarom kry wynliefhebbers die kans om op die geleentheid die wyne te kies waarvan hul en waarop hul, hul plaaslike drankwinkel, wynwinkel en supermark wynkopers kan versoek om namens hulle die wyn te koop.

Die reeks wyne sluit in twee splinternuwe wyne van Nederburg wat op die Nederburg Veiling bekend gestel sal word - die Nederburg Auction Private Bin D212 Viognier 2004 en die Nederburg Cabernet Franc 2001.

Van die ses nuwe deelnemers op die veiling sal daar ‘n voorskou van drie van hulle wees – Avondale se Shiraz 2001, Uva Mira Vineyards Single Vineyard versnit Chardonnay 2004 en Kaapzicht Steytler Vision 2001 – ‘n Cabernet Sauvignon, Pinotage met ‘n tikkie Merlot.
Kaartjies kos R100 per persoon en sluit in vonkelwyn met die aankoms, die wynproe en ligte verversings na die tyd.
Bespreek by Computicket in die Paarl.



More News
  • Manager did much good work
  • Zandwyk Park goes ahead
  • Rare wines hold their own at auction
  • Multiple awards for Grande Provence
  • Grondkundige kragte saamgespan
  • Fairtrade vloei suiwer by Bosmans
  • Sweet success for Nederburg
  • “TERROIRIST” at Nederburg Auction
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za