SA afslaer by veiling
2006-02-16
VIR die eerste keer in 32 jaar is daar ‘n Suid-Afrikaanse afslaer op die Nederburg Veiling vanjaar op 7 tot 8 April. Hy is die internasionaal-erkende Stephan Welz, wat ook in die direksie van Sotheby’s International dien.
Sy aanstelling volg op die aftrede van die Brit Patrick Grubb, wat sedert die eerste Nederburg Veiling in Paarl in 1975 die afslaer was, en tot op hede 250 000 kissies ter waarde van bykans R90-miljoen opgeveil het – ‘n prestasie wat in die Guinness Book of Records opgeteken is.
Welz is ‘n gesiene afslaer van antieke en beeldende kunswerke, maar het ook op baie wynveilings van die Cape Winemakers’ Guild en etlike private wynversamelaars in Johannesburg waargeneem.
More
News
|