Tiere kou Stellenbossers
2006-02-16
DIE eerste span van Young Peoples Krieketklub het die Top 8-kompetisie op ’n hoë noot afgeskop toe hulle Saterdag in ’n wegwedstryd vir Stellenbosch en Distrikte met vier paaltjies geklop het.
Die tuisspan moker 224/6, met Peoples se Edwin Jacobs (4/32 in 9bb) wat goed boul.
’n Goeie vennootskap tussen Quinton Kannemeyer (79 4x10) en Brendon Gabriels (43 4x4, 6x1) lê die fondasie vir Peoples voordat Lorenzo Jacobs (28nun 4x3) en Andrew Victor (26nun 4x3) die wedstryd beklink.
Peoples II het op Daljosafat ’n onbesliste uitslag teen Paarl II afgedwing.
Paarl behaal 257/8 danksy bestendige kolfwerk deur Lindsay van der Berg (68 4x7), Sam Adonis (51 4x7) en ’n haastige beurt deur Alfredo Adams (65nun 4x6, 6x2).
Tom-Ross Fortuin (4/40 in 15bb) en Marlin Carolissen (2/49 in 13bb) het goed geboul.
Peoples is op 74/4 in die moeilikheid maar ’n vennootskap tussen Wade October (70 4x11) en Jonathan Jacobs (53 4x7, 6x1) en goeie beurt deur Hilmer Paulse (25 van 24 balle, met 4x3, 6x1) krap Paarl se sake deurmekaar.
Paarl se beste boulers was Brenton van Schoor (3/45 in 8bb) en Elton du Plessis (2/45 in 15bb).
More
News
|