Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Rolbalspelers se balle lê mooi

Rolbalspelers se balle lê mooi
 
2006-02-16


SPELERS van die KWV Rolbalklub het in die onlangse Boland Kampioenskap groot sukses behaal.

Die klub se span bestaande uit Carol Jordaan (skip), Alta Malherbe (tweede) en Engela Boshoff (lei) het met die louere weggestap in die driespel-afdeling vir vroue.

Dié span het op pad na die eindstryd met spanne van Paarl, Vredendal en Hermanus afgereken. In die eindstryd het hulle met die hoog aangeskrewe span van Worcester klaar gespeel.

Die vierspel-afdeling vir mans is ook deur ’n span van KWV gewen.

Hier het Stoffel Lambrechts (skip), Adriaan Hubach (derde), MP Olivier (tweede) en James Robertson (lei) hul balle met vernuf gerol.

Die vier spelers wat tans ook deel is van die Boland A-span, het die aanslae van Ceres, Worcester, Swellendam, Hermanus en Robertson suksesvol afgeweer.

Engela Boshoff is as die Boland se vroue-enkelspelkampioen vir 2006 gekroon.

Nadat Boshoff die uitklop-seksie op die goeie perk van Wellington suksesvol gewen het, het sy die volgende dag op Worcester 21-11 met die verdedigende kampioen, Jane van Nieuwholtz, van Vredendal afgereken.

In die halfeindstryd was sy met 21-14 te sterk vir Tish Bryce van Hermanus waarna sy in ’n taai finaal vir Sheila Currall van Robertson met 21-19 geklop het.

Die klub speel Woensdae om 17:30 sosiale wedstryde en belangstellendes is welkom om net op te daag.



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za