Oud-Protea gee Paarl-Oos kopseer
2006-02-16
DIE stadige boulaksie van ’n oud-Protea krieketspeler het Saterdag die Paarl-Oos krieketmanne met hul hande in die hare gehad.
Omar Henry was deel van die Matiespan wat Saterdag op Allandale die Paarliete met ’n allemintige 104 lopies geklop het in hul eerste wedstryd van die Top 8-kompetisie.
Die linkshandige Henry het met 5/42 in 15 boulbeurte onder die kolwers gemaai en die tuisspan tot 178 in die 52ste beurt beperk nadat Maties 282/7 aangeteken het.
Roswin Jephtha (39 4x5), Shaun Cuttings (30 4x1), Craig Abrahams (30 4x4) en Bruce Muller (28 4x3, 6x1) is al kolwers wat noemenswaardige tellings kon aanteken, terwyl Justin Watts (2/86) en Elroy Abrahams (2/54) goed geboul het.
Maties se Warren Hayward (91 4x1, 6x1) en Gavin van Rooy (64nun 4x5) het met die kolf ingeklim terwyl John Loxton (2/41) goed vir Henry met die bal ondersteun het.
Sake het ewe droewig verloop vir Paarl-Oos se tweede en derde spanne.
Op Stellenbosch het Paarl-Oos II (147) met vier paaltjies teen Maties II verloor.
Garett Cupido (26 4x3), Neels Engelbrecht (23 4x3), Nico Jonck (2/32 na 8bb) en Koos Liebenberg (2/28 na 7bb) het goed gespeel. Maties III (152/5) het ook min moeite gehad om met Paarl-Oos II (150/8) af te reken.
Saterdag speel Paarl-Oos I weg teen Stellenbosch/Distrikte.
More
News
|