Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Paarl Rangers sak uit

Paarl Rangers sak uit
 
2005-04-07


ONDANKS ’n rustydvoorsprong van 19-0 kon Paarl Rangers se eerste rugbyspan nie vir Temperance op Daljosafat klop nie.

Rangers het vroeg in die wedstryd punte aangeteken toe ’n vinnige tikskoppie vanaf ’n strafskop vyf treë van die besoekers se doellyn vir John Filander (flank) ’n drie besorg het.

Kort daarna het Gaby Adams (vleuel) nog ’n drie vir die tuisspan gedruk.

Die humeure het by tye kwaai oorgekook en Temperance is in die wedstryd met drie geelkaarte gestraf.

Net voor rustyd het Grandwell Jones mooi gebreek vir Rangers en druk Adams sy tweede drie nadat hy die hoekskoppie goed opgevolg het.

Twee doelskoppe deur Johan McCarthy het Rangers se 19 punte volgemaak.

In die tweede helfte het Temperance met sy voorspelers begin dryf
en ook die Paarliete telkens met lang lynskoppe teruggejaag.
Pleks van verder bou aan hul totaal wou Rangers net hul voorsprong verdedig en in die proses is die bal gereeld doelloos weggeskop.

Toe Jones en Filander ook kort na mekaar die veld moes verlaat weens beserings het Rangers se spel verder verswak.

Rangers se verdediging het in die laaste 20 minute verbrokkel en Temperance druk twee vinnige drieë.

’n Verdere drie in beseringstyd deur senter Shaun Baron, in antwoord op ’n verbroude lynskop van Rangers, asook twee suksesvolle doelskoppe het die wedstryd 19-19 gelykop laat eindig.

Paarl Rangers speel Saterdag teen Young Stars op Daljosafat Stadion.



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za