Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Kooruitvoering op Wellington

Kooruitvoering op Wellington
 
2006-02-23


DIE Wynlandkoor en Tygerberg Stadskoor bied Sondag om 16:00 in die NG Moederkerk Wellington ’n uitvoering van gewilde gewyde koorwerke aan.

Voorbeelde hiervan is “Look at the World” (John Rutter), “Die hemele roem” (Beethoven), “Ek wag nou op die Heer” (Mendelssohn), “Psalm 100” (Vaughan Williams) en “The Holy City” (Adams).

Die toehoorders sal ook aan die program deelneem met die sing van bekende liedere uit die Liedboek.

Kaartjies teen R25 (onbespreekte sitplekke) is by die koorlede of by die deure beskikbaar.

Vir besonderhede skakel die koorleier, Hennie van der Merwe, by 873-2331 of 871-1778 of Etienne Smit by 873-3050 of 082-4151-642.



More News
  • Natural burials arrive in South Africa
  • Lofprysing Oppiberg
  • Bonsai Kai vergader
  • Benefit concert
  • Have a lazy day braai
  • Staan op in moeilike tye
  • Boeresport by fondsinsamelingsdag
  • Local schools shine in debate
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za