Seksualiteit onder die loep
2006-02-23
DIE NGK Wellington-Oos bied tydens die naweek van 10 tot 12 Maart ’n gesinsverrykingsnaweek aan waartydens die bekende dr Etienne Kok die spreker sal wees by die Hugenote Hoërskool en kerksaal.
Dr Kok is verbonde aan die Pretoria Algemene Hospitaal en is ook hoof van die seksuele disfunksiekliniek.
Hy doen seksonderrig en -terapie, psigiatrie en huweliksberading.
Belangstellendes word uitgenooi om Saterdag 11 Maart on 19:00 in die kerksaal na dr Kok se gewilde praatjie oor kommunikasie, seksualiteit en konflik in die huwelik te luister.
Die koste is R25 per persoon en sluit verversings in.
Bespreek teen 28 Februarie by 873-2690 (Maandae tussen 10:00 en 13:00, of Dinsdae en Vrydae tussen 8:00 en 13:00).
Dr Kok sal Sondag 12 Maart tydens die erediens die gemeente toespreek oor die wisspelwerking tussen lede van die gesin.
Navrae kan gedoen word by Ds NJ van As of Karen van As by 873-5222.
More
News
|